Ruth First

Ruth First
Ruth First, ca. 1960
Gebore
Ruth Heloise First

4 Mei 1925
Sterf17 Augustus 1982
NasionaliteitSuid-Afrika
Bekend virANC-aktivis
EggenootJoe Slovo
KindersShawn
Ouer(s)Julius First en Matilda Levetan

Ruth First (1925–1982) was 'n Suid-Afrikaanse skrywer en anti-apartheidsaktivis. Sy was die vrou van die Kommuniste partyleier Joe Slovo. Sy en haar man het gehelp om die SAKP se ondergrondse strukture te vestig en die gewapende stryd teen die Suid-Afrikaanse Regering te reël.[1]

Die woonstel in Camden Town, Londen, waar Ruth First en Joe Slovo vanaf 1966 tot 1978 woonagtig was
Gedenkplaat in Camden Town, Londen

First is op 4 Mei 1925 in Johannesburg gebore. Op 17 Augustus 1982 is sy deur 'n briefbom wat deur die SAP aan haar man gestuur is gedood. Williamson het later amnestie hiervoor van die Waarheid-en-versoeningskommissie ontvang.[2]

Die Orde van Luthuli (goud) is in 2014 postuum aan haar toegeken.

  1. (af) SAKP einde van 'n era; Dié party was die afgelope sewe dekades midde-in die kookpot van die SA politiek[dooie skakel], Beeld, 9 Junie 1991
  2. (af) Oud-spioen bankrot weens briefbom in ’84, Beeld, 28 Augustus 2008

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search